Temba Travel

Mazambala Island Lodge

Kongola, Oos-Caprivi Zambesi Distrik, op Kwando Rivier in Namibie

Tel: +27 (0) 21 855 0443
BESPREEK >>


Mazambala Island Lodge

Mazambala Island Lodge is ‘n rustige lodge op die Kwando-rivier in die Caprivi. As die woord “Namibië” jou net aan droë woestynlandskappe laat dink, dink weer!  Mazambala Island Lodge, wat op ‘n eiland in die Kwando-rivier in die Caprivi-streek van Namibië geleë is, is ‘n oase van rus in ‘n tropiese paradys.

Die plaaslike stamme verwys na die area as “die eiland van oorvloed”– ‘n baie raak beskrywing. Ruie plantegroei, reuse palms en worsbome, voëllewe wat jou sal verstom, en ‘n reuse aantal dierespesies sorg daarvoor dat Mazambala Island Lodge ‘n plek van oorvloed is.

Die etenstye by Mazambala Island Lodge is uithanggeleenthede, wanneer heerlike maaltye in ‘n grasdakrestaurant bedien word. Die restaurant is op houtpale van 2,5 m hoog gebou, en kyk op die vloedvlakte uit. Dit is maklik om heeltemal te veel weg te lê, sodat die vetjies deeglik om jou midderif sal versamel. Gelukkig is daar ‘n 15 meter lange swembad waarin jy ‘n paar lengtes kan swem sodat die skade darem nie te erg is nie.

Geniet die sonsondergang vanaf die 12 meter hoë uitkykplatform wat ‘n asemrowende uitsig oor die omringende vloedvlakte bied. Moenie te verras wees om te sien hoe die diere rivier toe drentel om water te gaan drink terwyl jy jou skemerkelkie geniet nie!

Die aande om die kampvuur in die lapa is baie spesiaal. Maak jou oë toe en luister na die gesnork van seekoeie, die gehuil van ‘n hiëna in die verte, of ander nagdiere in die Namibiese veld.

Geniet die sonsondergang vanaf die 12 meter hoë uitkykplatform wat ‘n asemrowende uitsig oor die omringende vloedvlakte bied. Moenie te verras wees om te sien hoe die diere rivier toe drentel om water te gaan drink terwyl jy jou skemerkelkie geniet nie!

Die aande om die kampvuur in die lapa is baie spesiaal. Maak jou oë toe en luister na die gesnork van seekoeie, die gehuil van ‘n hiëna in die verte, of ander nagdiere in die Namibiese veld. Mazambala Island Lodge kan padlangs bereik word. Die afdraaipunt vanaf die Trans Caprivi Hoofweg is omtrent 3 kilometer voor die polisie kontrolepunt by die Kwando-rivier

Restuarant Mazambala Issland Lodge

view from Mazambala Island Lodge

Restaurant Mazambala Island Lodge

Elephant at Palmwag

Die Ligging

Mazambala Island Lodge kan padlangs bereik word. Die afdraaipunt vanaf die Trans Caprivi Hoofweg is omtrent 3 kilometer voor die polisiekontrolepunt in Kongola, by die Kwando-rivier. Gedurende die droeë seisone kana lm met 4x4 voertuie toet by die lodge ry.


Vir die sonder 4x4 voertuie is daar veilige parkering waarvandaan die lodge jou graag sal vervoer.  In die winter word dit met veldvoetuie gedoen, maar in die somer is n boot die enigste manier waarop die lodge bereik kan word.  Die aankoms is sommer klaar n hele belewenis.

Akkommodasie

By hierdie bekostigbare lodge word jy in een van 16 riet- en grasdak chalets gehuisves, almal en suite. Drie van die chalets is spesiaal ingerig vir gesinne. Die chalets is toegerus met plafonwaaiers en muskietnette. Die geboue word ook gereeld met ‘n reuklose insekweerder behandel as ekstra voorkoming teen die muskiete.

Rooms at Mazambala Island Lodge

Room inside Mazambala Island Lodge

Aktiwiteite

Daar is ‘n hele paar maniere waarop jy die towerkrag van die Caprivi kan ondervind. Dryf met die Kwando-rivier langs in ‘n boot. Die kanse is baie goed dat jy krokodille, seekoeie, lechwe en olifante sal sien. Die aantal voëlspesies in die omgewing is eenvoudig verstommend.

Jy hoef nie eens buite die tuin van Mazambala Island Lodge na interessante en verskeie voëlspesies te soek nie! As jy egter ‘n ernstige voëlliefhebber is, sal die Mazambala Island Lodge voëlbesigtigingstoere reël.

Hul gidse is wandelende ensiklopedieë van kennis oor die tradisionele medisinale gebruik van plante en bome in hierdie deel van die Caprivi. ‘n Begeleide staptog in die omgewing is ‘n leergeleentheid soos min.

Die Kwando-rivier is die tuiste van die tiervis, en ook ander spesies soos die Nembwe. Huur ‘n boot en hengelgerei by die Mazambala Island Lodge. Dalk is jy die gelukkige hengelaar wat die reuse tiervis inkatrol wat die ander hengelaars al so lank ontwyk!

Mazambala Island Lodge bied wildbesigtigingsritte in die aangrensende Bwabwata Nasionale Park. Hierdie park is bekend vir reuse troppe olifante. As jou wildbesigtigingsrit dalk ‘n bietjie langer duur as wat jy verwag het, onthou net dat olifante nie horlosies dra nie, en ‘n pad teen hul eie tempo oorsteek. Sit agteroor, ontspan en geniet ‘n bier of koeldrank (by die prys van die rit ingesluit).

Game drive at mazambala Island
Renosters by Palmwag
>
Game drive at Mazambala Island Lodge
Elephants at Mazambala Island Lodge